{"product_id":"two-appointments-every-man-has-to-keep-afrikaans","title":"Two Appointments Every Man Has To Keep (Afrikaans)","description":"\u003cp\u003e \u003c\/p\u003e\u003cp\u003e\u003cstrong\u003eOns maak afsprake elke dag. Party kom ons na, maar ander stel ons uit of af.\u003c\/strong\u003e\u003c\/p\u003e\u003cp\u003e\u003cstrong\u003eNogtans is daar twee afsprake wat elke mens moet nakom.\u003c\/strong\u003e\u003c\/p\u003e\u003cp\u003eDie Bybel maak dit duidelik dat elke mens \u003cstrong\u003e‘n afspraak met die dood\u003c\/strong\u003e het en daarna \u003cstrong\u003e‘n afspraak met God\u003c\/strong\u003e het. \u003cem\u003e“En net soos die mense bestem is om een maal te sterwe en daarna die oordeel” (Hebr 9:27).\u003c\/em\u003e\u003c\/p\u003e\u003cp\u003e\u003cstrong\u003e‘n Afspraak met die Dood\u003c\/strong\u003e\u003c\/p\u003e\u003cp\u003eOns het ‘n afspraak met die dood weens sonde. Ons almal sondig as gevolg van die \u003cstrong\u003ekeuse\u003c\/strong\u003e van een man—\u003cstrong\u003edie eerste man, Adam.\u003c\/strong\u003e Adam het God se eerste gebod oortree en die verbode vrug geëet. Die Bybel sê, \u003cem\u003e“Daarom, soos deur een mens die sonde in die wêreld ingekom het en deur die sonde die dood, en so die dood tot \u003c\/em\u003e\u003cstrong\u003e\u003cem\u003ealle\u003c\/em\u003e\u003c\/strong\u003e\u003cem\u003e mense deurgedring het, omdat \u003c\/em\u003e\u003cstrong\u003e\u003cem\u003ealmal\u003c\/em\u003e\u003c\/strong\u003e\u003cem\u003e gesondig het” (Rom 5:12).\u003c\/em\u003e Van nature en deur keuse is ons almal sondaars. Ons sonde lei tot beide fisiese en geestelike dood (skeiding van God).\u003c\/p\u003e\u003cp\u003e\u003cstrong\u003e‘n Afspraak met God\u003c\/strong\u003e\u003c\/p\u003e\u003cp\u003eOns het almal ‘n afspraak met God nadat ons gesterf het. Wanneer ons God ontmoet, sal Hy ons veroordeel as sondaars of hemel toe neem as Sy kinders. \u003cem\u003e“Omdat Hy ‘n dag bepaal het waarop Hy die wêreld in geregtigheid sal oordeel” (Hand 17:31).\u003c\/em\u003e \u003cem\u003e“Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie my woord hoor en Hom glo wat My gestuur het, het die ewige lewe en kom nie in die oordeel nie, maar het oorgegaan uit die dood in die lewe” (Joh 5:24).\u003c\/em\u003e\u003c\/p\u003e\u003cp\u003e\u003cstrong\u003eHoe kan jy gereed wees?\u003c\/strong\u003e\u003c\/p\u003e\u003cp\u003eGoeie dade sal jou nie voorberei vir hierdie ontmoeting met God nie. Efesiërs 2:8-9 sê, \u003cem\u003e“Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit \u003c\/em\u003e\u003cstrong\u003e\u003cem\u003enie\u003c\/em\u003e\u003c\/strong\u003e\u003cem\u003e uit julleself nie: dit is die gawe van God; \u003c\/em\u003e\u003cstrong\u003e\u003cem\u003enie uit die werke nie\u003c\/em\u003e\u003c\/strong\u003e\u003cem\u003e, sodat niemand mag roem nie.”\u003c\/em\u003e\u003c\/p\u003e\u003cp\u003eOns word slegs gered deur die \u003cstrong\u003ekeuse\u003c\/strong\u003e van ‘n gehoorsame, sondelose man. \u003cem\u003e“Want Christus het ook eenmaal vir die sondes gely, Hy die Regverdige vir die onregverdiges, om ons tot God te bring—Hy wat wel gedood is na die vlees, maar lewend gemaak deur die Gees” (I Pet 3:18).\u003c\/em\u003e \u003cstrong\u003eDie tweede Adam, Jesus Christus,\u003c\/strong\u003e het God se wil gedoen en vir die mensdom se sondes gesterf, sodat gemeenskap met God herstel kan word en die ewige lewe aan almal beskikbaar gestel kan word. I Korinthiërs 15:22 sê, \u003cem\u003e“Want soos hulle almal in Adam sterwe, so sal hulle ook almal in Christus lewend gemaak word”.\u003c\/em\u003e Christus het vir jou sonde gesterf en het opgestaan uit die dood sodat jy gereed kan wees om God te ontmoet.\u003c\/p\u003e\u003cp\u003eJy is die enigste een wat ‘n \u003cstrong\u003ekeuse\u003c\/strong\u003e oor jou toekoms kan maak. Die enigste wyse waarop jy jouself kan voorberei om God te ontmoet is om jou te \u003cstrong\u003ebekeer\u003c\/strong\u003e in gehoorsaamheid aan Sy bevel, en Christus as jou persoonlike Here en Saligmaker \u003cstrong\u003eaan te neem\u003c\/strong\u003e (bekering beteken om weg te draai van jou eie pad na God se pad toe). Jesaja 55:7 sê, \u003cem\u003e“Laat die goddelose sy weg verlaat en die kwaaddoener sy gedagtes; en laat hy hom tot die HERE bekeer, dan sal Hy hom barmhartig wees; en tot onse God, want Hy vergeef menigvuldiglik.”\u003c\/em\u003e Romeine 10:9,13 sê, \u003cem\u003e“As jy met jou mond die Here Jesus bely en met jou hart glo dat God Hom uit die dode opgewek het, sal jy gered word… Want: Elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word.”\u003c\/em\u003e\u003c\/p\u003e\u003cp\u003eDie slegte nuus is dat indien jy nie \u003cstrong\u003ekies\u003c\/strong\u003e om die geregtigheid van Christus aan te neem nie, jy met al jou sonde voor ‘n heilige God sal moet staan, en dan verdoem word vir ewig in die hel. \u003cem\u003e“Hoe sal ons ontvlug as ons so ‘n groot saligheid veronagsaam” (Hebr 2:3).\u003c\/em\u003e Hel is ‘n werklikheid en ongelowiges sal nie toegelaat word in die hemel nie. \u003cem\u003e“En as dit bevind is dat iemand nie opgeskryf was in die boek van die lewe nie, is hy in die poel van vuur gewerp” (Openb 20:15).\u003c\/em\u003e\u003c\/p\u003e\u003cp\u003e\u003cstrong\u003eIs jy gereed om God te ontmoet?\u003c\/strong\u003e\u003c\/p\u003e\u003cp\u003eAs jy gewillig is om in nederigheid jou sondige toestand voor God te erken en in jou hart jou van sonde na Christus te keer, dan hoef jy nie bang te wees vir jou twee afsprake nie.\u003c\/p\u003e\u003cp\u003e\u003cstrong\u003eSal jy nie die Here Jesus vandag nog aanroep nie?\u003c\/strong\u003e\u003c\/p\u003e\u003cp\u003e\u003cem\u003e“Maar almal wat Hom [Jesus] aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo” (Joh 1:12).\u003c\/em\u003e\u003c\/p\u003e\u003cp\u003eAs jy Hom\u003cstrong\u003e aanneem\u003c\/strong\u003e, dan is jy \u003cstrong\u003egereed\u003c\/strong\u003e.\u003c\/p\u003e\u003cp\u003eAs jy Hom\u003cstrong\u003e nie aanneem nie\u003c\/strong\u003e, dan is jy \u003cstrong\u003enie gereed nie\u003c\/strong\u003e.\u003c\/p\u003e\u003cp\u003e \u003c\/p\u003e","brand":"PrintMyTract.com","offers":[{"title":"Standard (up to 3 weeks) \/ 100","offer_id":67169386037619,"sku":"xhj1792568135124","price":22.77,"currency_code":"USD","in_stock":true},{"title":"Rush (1 week) \/ 100","offer_id":67169386070387,"sku":"owo1792568135125","price":30.0,"currency_code":"USD","in_stock":true},{"title":"Standard (up to 3 weeks) \/ 250","offer_id":67169386103155,"sku":"ddh1792568135126","price":42.5,"currency_code":"USD","in_stock":true},{"title":"Rush (1 week) \/ 250","offer_id":67169386135923,"sku":"opc1792568135127","price":72.19,"currency_code":"USD","in_stock":true},{"title":"Standard (up to 3 weeks) \/ 500","offer_id":67169386168691,"sku":"hlr1792568135128","price":66.3,"currency_code":"USD","in_stock":true},{"title":"Rush (1 week) \/ 500","offer_id":67169386201459,"sku":"nvk1792568135129","price":85.43,"currency_code":"USD","in_stock":true},{"title":"Standard (up to 3 weeks) \/ 1000","offer_id":67169386234227,"sku":"nki1792568135130","price":85.1,"currency_code":"USD","in_stock":true},{"title":"Rush (1 week) \/ 1000","offer_id":67169386266995,"sku":"hio1792568135131","price":105.0,"currency_code":"USD","in_stock":true},{"title":"Standard (up to 3 weeks) \/ 2500","offer_id":67169386299763,"sku":"wzd1792568135132","price":167.74,"currency_code":"USD","in_stock":true},{"title":"Rush (1 week) \/ 2500","offer_id":67169386332531,"sku":"bmr1792568135133","price":247.61,"currency_code":"USD","in_stock":true},{"title":"Standard (up to 3 weeks) \/ 5000","offer_id":67169386365299,"sku":"lwz1792568135134","price":275.4,"currency_code":"USD","in_stock":true},{"title":"Rush (1 week) \/ 5000","offer_id":67169386398067,"sku":"nlj1792568135135","price":317.2,"currency_code":"USD","in_stock":true},{"title":"Standard (up to 3 weeks) \/ 10000","offer_id":67169386430835,"sku":"qko1792568135136","price":403.2,"currency_code":"USD","in_stock":true},{"title":"Rush (1 week) \/ 10000","offer_id":67169386463603,"sku":"fpm1792568135137","price":520.8,"currency_code":"USD","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0923\/7970\/9811\/files\/two-appointments-every-man-has-to-keep-afrikaans_1.jpg?v=1792568141","url":"https:\/\/www.lilacmorning.shop\/products\/two-appointments-every-man-has-to-keep-afrikaans","provider":"My Store","version":"1.0","type":"link"}